Krugersdorp Oos | Gemeente
Krugersdorp Oos, ngkosi, ng krugersdorp oos, kerk, krugersdorp oos gemeente, jip kidz, switch, Geestelike groei,
15508
home,page-template,page-template-full_width,page-template-full_width-php,page,page-id-15508,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-title-hidden,qode-theme-ver-10.1.1,wpb-js-composer js-comp-ver-5.0.1,vc_responsive

Ons Gemeente

Ons is ‘n Geestelike huis vir Jongmense en alle families!
Drie Enige God

Die Drie Enige God is die middelpunt van ons bediening. Ons is streef daarna om deur integriteit die Woord van God uit te leef.

Genade

Ons glo in Genade. Ons glo die beste van mense en leef elke dag met 'n hart van vergifnis.

Generasies

Ons is 'n gemeente met veskillende generasies wat as een die Here dien. Almal is belangrik voor God, Jonk en Oud.

Familie

Ons is 'n gemeenskap van gelowiges. Ons is Familie. Ons gee om en sorg vir mekaar.

Groei

Ons bou in mense se lewens deur die Woord van God. Deur dissipelskap en opleiding groei ons saam om soos Jesus te word.

Liefde

Ons is gefokus op mense. Ons gemeente het 'n vriendelike liefdevolle atmosfeer.

Gemeenskap

Ons gemeenskap is vir ons belangrik. Deur uitreike en barmhartigheid leef ons die evangelie van Jesus.

Eredienste

Deur al ons eredienste streef ons na uitnemendheid. Deur aanbidding en die Woord is God alles waaroor dit gaan.

Finansies 2017/18

Hier is ‘n kykie in die finansies van ons gemeente. Ons glo dat God elkeen van ons rentmeesters maak van alles wat ons besit. Alles wat ons het en is behoort in elkgeval aan God en Sy Koningkryk.

Jeug
Jeug en Kinderbediening

 

Ons is ‘n gemeente vir jongmense en alle families. Almal is vir ons belangrik, maar ons het ‘n sterk fokus op jongmens. As jy kinders of tieners in jou huis het, is ons gemeente vir jou.
Jipkidz

Jipkidz is ons kinderbediening van Gr0 tot 6. Elke Sondag-oggend word die kinders bedien met die woord op hulle vlak. Kampe en uitreike vind reg deur die jaar plaas, Jip-Week is die hoogtepunt in die Junie vakansie.

Switch

Switch is ons tienerbediening. Behalwe vir die Jeugsel en Diens op Sondagaande is daar ongelooflik baie geleenthede vir ons tieners. Van Creative meeting op Dinsdae tot kampe soos Badplaas, Sewes en Seekamp is daar soveel plekke om te groei.

“God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet Hom vanuit ‘n hegte verhouding met Gees en waarheid aanbid.”

Joh 4:24

Eredienste

Een kerk verskillende dienste
Ons gemeente is baie divers. Ons is ongelooflik bevoorreg om ‘n wye verskeidenheid eredienste te bied aan elke generasie en spiritualiteit.
Oggend/Panorama

Ons oggendiens is ‘n baie spesiale geleentheid vir ons gemeente om geestelik te groei. Die diens het ‘n baie gemaklike atmosfeer en enige iemand sal tuis voel.

Die Panorama diens is ons gemeente se meer tradisionele erediens en dit word in die Panorama Estates aangebied.

 

 
Jipkidz & Switch

Jipkidz is vir almal tot en met graad 6. Hierdie is regtig ‘n geleentheid vir kinders om op hulle eie manier die Here te leer ken!

Switch is gerig op die tieners en twenties, maar enigiemand is welkom. Dit is ‘n baie lewendige plek met ongelooflik baie geleenthede vir Jongmense om te groei.

ErediensTye

Oggenddiens 9h00am

Panorama Diens 9h00am (Panorama Estates)

Jip-Kidz 9h00am

Switch Jeugselle 16h45pm

Switch Diens 18h00pm


Preke Podcast

Luister gerus na ons preke as jy moontlik ‘n week gemis het. Jy kan dit ook download. Alternatief kan jy die Soundcloud app op jou foon aflaai en ons gemeente net gaan volg. Jy sal dan in kennis gestel word as daar ‘n nuwe preek gelaai word.

My “PerFekte” Familie.

Week 1
Week 2
Week 3

Aanlyn Offergawes

Wanneer ons eers begin verstaan dat alles wat ons het ‘n gawe van God is kan ons nie anders as om vrygewig te wees nie.

By Krugersdorp Oos glo ons dat ons getrou rentmeesters moet wees met ons geld, tyd en diens.

Hoe dit werk

Ons wil dit so maklik as moontlik maak vir jou om te gee. Ons gebruik die platform Snapscan om hierdie doel te bereik.

Jy kan meer inligting op snapscan se webwerf kry: http://www.snapscan.co.za

“Waar twee of drie bymekaar is, is Ek immers ook saam met hulle daar.”

Mat 18:20

Ontmoet die Span

Ons is baie bevoorreg om drie Leraars te hê wat elkeen spesialiseer in hulle eie gawes en bedienings.

Marcus Marinus
Jeug & Musiekbediening

Marcus is premêr verantwoordelik vir die

tieners en jongwerkendes in die gemeente.

Hy is ook verantwoordelik vir die musiek, digitale media en erediensbedining.

Fralene Van Zyl
Kinderbediening

Fralene is verantwoordelik vir ons gemeente

se kinderbediening.

Sy het passie vir kinders en hulle families.

Anton Ferreira
Cura Vitae/Berading/Sel en Dissipelskap groepe

Anton fokus sterk op berading en is

in beheer van die berading-sentrum Cura Vita.

Mense se heelwording en groei lê naby aan sy hart.

“Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.”

Rom 1:17b

Wat Ons Glo

God

Daar is net Een Drie Enige God wat alomteenwoordig en ewig is. Hy is die regverdige Regeerder van die heelal.

Skepping

God het die wêreld geskep en alles daarin. Hy het Mens gemaak na SY beeld om die aarde te bewoon en Sy heerlikheid uit te straal.

Sonde

Eerder as om God se heerlikheid te skyn het ons in sonde verval. Nou is daar skeiding tussen ons en God

Kruis

Jesus het vir ons kom wys wat dit beteken om die lewe in volheid te hê. Hy het gesterf vir ons sondes en die verhouding tussen ons en God herstel.

Opstanding

Jesus het opgestaan uit die dood uit, om sonde en die dood vir altyd te oorwin. Daardeur het Hy Sy almag kom wys.

Genade

Ons het nie nodig om enigiets te doen om God se guns te wen nie. Slegs deur Sy genade kan ons in Hom glo en deur Sy liefde leef.

Heilige Gees

Deur Jesus se Gees is ons as gelowiges gevul met die krag om die vrugte van die Gees te leef in alle aspekte van ons lewe.

Kerk

Ons as kerk is die liggaam van Jesus. Deur die gemeenskap van gelowiges is ons familie wat die liefde en vrede van God saam ervaar.

Gestuur

Jesus gee vir ons die ongelooflike voorreg en opdrag om die goeie nuus in die wêreld te wees. Deur ons aksies en woorde is ons die hande en voete van Jesus.

Kontak Besonderhede

Indien daar enige navrae is kontak ons gerus by enige van die onderstaande nommers ens.

.

Adres

Lismore Straat 20 Kenmare Krugersdorp

Telefoon

(011) 955 4667

Fax

086 564 7956

E-mail

naomi@kdpog.co.za

Druk om kaart te sien